| Ryno Beukman's Story |
| |
Niks te moeilik vir vasberade man
Tuesday, 08 February 2011 13:13 | Written by Anelda Grootboom | | | “OMDAT ek nie meer so goed met my bene kan klaarkom nie, wou ek my bestuurslisensie bekom sodat ek myself rond kan karwei. ”Mnr. Ryno Beukman (21),

'n liggaamlik gestremde van Eersterivier, het verlede Donderdag bykans die onmoontlike vermag deur sy rybewys te kry sonder spesiale aanpassings in die toetsreëls.
Dit het sy pa slegs ses maande geneem om hom te leer bestuur, terwyl hy slegs drie rylesse by mnr. Jannie Douw geneem het voor hy vir die toets gegaan het. Volgens Douw het Beukman baie selfvertroue.
Dít, en die feit dat hy reeds goed kon bestuur, het hom beïndruk.Beukman, wat twee jaar gelede ’n student was in rekenaarwese aan die Cape Career Training College in Bellville en tans sy internskap by TalkIT doen, laat hom nie deur omstandighede onderkry nie.
Mense is soms verbaas as hulle hom sien, maar hy steur hom nie daaraan nie.Vir mnr. Mervin Jansen, verkeers- en toetsbeampte by die Langeberg Munisipaliteit, was dit ’n groot eer wat hom te beurt geval het toe hy Beukman vir sy rybewys moes toets.
“In my 10 jaar wat ek hier werksaam is, was ek nog net toetsbeampte vir ’n dowe persoon, maar nou het ek ook die voorreg gehad om ’n dwergie te evalueer. Dieselfde toetsrëels wat geld vir die normale mense het ook vir hom gegeld en hy bestuur ook nog baie beter.
”Die enigste aanpassings was die motor se pedale wat volgens Beukman se behoefte aangepas is".
|
|
|
|